Sale!

Metakognisie en Self-regulasie

Original price was: R100.00.Current price is: R50.00.

Metakognisie en Self-Regulasie (Metacognition and Self-Regulation) is baie belangrik vir alle leerders.

Die Metakognisie en Self-Regulasie (Metacognition and Self-Regulation) pakket se doel is om leerders bewus te maak van wat metakognisie en self-regulasie is. Dit is baie makliker om take onafhanklik en meer effektief te doen asook te leer as jy jou denke kan beheer en reguleer. Ongelukkig het leerders nie altyd die kennis en vaardighede om dit te doen nie. Ouers, terapeute of opvoeders, het ook dikwels gebrekkige kennis (en hulpbronne) oor hoe om kinders te help om metakognisie en self-regulasie te ontwikkel.

Description

Produkbeskrywing:

In die pakket is ‘n stel van 8 plakkate m.b.t. metakognisie en self-regulasie wat deur terapeute, ouers of opvoeders gebruik kan word. Die plakkate is eenvoudig. Dit bevat woorde, vrae en illustrasies wat leidrade bied vir mediasie, m.a.w om die leerder te laat dink oor die informasie op die plakkate. Riglyne vir gebruik deur terapeute, ouers en opvoeders word voorsien.

‘n Engelse e-boekie, wat sekere teoretiese konsepte oor metakognsie en self-regulasie verduidelik, word ook ingesluit.

Die plakkate en e-boekie het ‘n gekleurde agtergrond, maar daar is ook weergawes met ‘n wit agtergrond. Die plakkate is van so ‘n aard dat dit in swart en wit of grysskaal gedruk kan word. Plakkate kan gelamineer word vir intervensiedoeleindes (deur byvoorbeeld ‘n terapeut).

Daar is baie Engelse bronne oor metakognisie en self-regulasie (en soortgelyke vaardighede), maar beperkte Afrikaanse bronne. Hierdie pakket is een van vele wat in die toekoms ontwikkel sal word om ouers, terapeute en opvoeders te help om leerders toe te rus met, onder andere, beter dink- en leervaardighede.

Laai die pakket af nadat dit aangekoop is en stoor dit waar dit maklik weer gevind kan word.